Voortrekker Kampe

Vrystaat Voortrekkers bied tydens die Maart/April skoolvakansie die Verkennerkamp aan vir Jeuglede van Graad 8 tot 12, en die Herfskamp vir Graad 4-7 Jeuglede.  In die Junie/Julie skoolvakansie is dit Winterkamp waar Graad 8-12 jeuglede leer hoe om te jag en vleis te bewerk.  In die September/Oktober skoolvakansies het die Graad 4-7 jeuglede hul PD Kamp en die Graad 8-12 hou Winterkamp.   Spanne en Voortrekkerkommando's hou ook gereeld kampe op Doornkloof.  Kom loer watter kampe daar alles aangebied word. Gebiedskampe

Volwasse kursusse word vir die volwasse lede aangebied van vuurwapen hantering, kampering, voëlidentifesering tot bestuur om maar 'n paar te noem.